Ontmoet die Wildswinkel span: Hendrik de Kock

Hendrik de Kock is ’n bemarker by Wildswinkel

Wildswinkel stel graag ons bemarkers in die noordelike provinsies voor. Kom ontmoet gerus die hele span oor ’n koppie koffie Hendrikby die 2015 WRSA konferensie by Sun City op 13 en 14 Maart 2015.

Eerste aan die beurt is Hendrik de Kock wat ervaring en passie toeskryf as die twee belangrikste komponente van ’n suksesvolle wildboerdery.

Hendrik de Kock

Van kindsbeen af het Hendrik se ouers sy passie vir die wildbedryf by hom aangewakker deur hul eie liefde vir die buitelewe uit te leef. “Van die jagveld tot die Wildtuin, daar in die mees ongerepte dele van die Skepping, het my passie begin.”

Hendrik is ’n produk van Hoërskool Brits en het na matriek ’n BSc graad in biologiese- en omgewingswetenskappe by Noordwes-Universiteit voltooi. Daarna het hy sy BSc honneurs graad in wildlewebestuur verwerf by die Universiteit van Pretoria. Daarna het Hendrik as ekoloog begin werk.

Vir hom is dit belangrik dat nuwe toetreders tot die Suid-Afrikaanse wildbedryf met die regte mense praat om sukses te verseker. “Doen dit om ’n tafel of om ’n bosveld vuurtjie, nie net oor die telefoon nie. Gesels met die manne wat ondervinding het in die bedryf.”

2 replies
  1. Andre Turner
    Andre Turner says:

    Hello Hendrik

    Ek vervaardig lampies van koedoe horings. Is daar dalk ‘n mark by julle vir dit?

    Ek verneem graag van julle.

    Andre Turner

    Reply

Leave a Reply

Want to join the discussion?
Feel free to contribute!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *