Ontmoet die Wildswinkel span: JP Smith

JP Smith is ’n bemarker by Wildswinkel

Wildswinkel stePost3l graag ons bemarkers in die noordelike provinsies voor. Kom ontmoet gerus die hele span oor ’n koppie koffie by die 2015 WRSA konferensie by Sun City op 13 en 14 Maart 2015.

JP Smith glo nuwe toetreders tot die wildbedryf moet al van dag een af net die beste genetika koop.

JP Smith

Dit was saam met sy pa in die jagveld as ’n jong seun toe JP besluit het om ’n loopbaan in die Suid-Afrikaanse wildbedryf na te streef. “My passie vir wild en die natuur,” sê JP, “was toe al aangewakker.”

JP het in Nigel groot geword en matriek geskryf by Hoërskool John Vorster, waarna hy natuurbestuur gaan studeer het by Centurion Akademie.

Hy meen die rol van Wildswinkel in die Suid-Afrikaanse wildbedryf vul ’n leemte in die mark vir verkopers wat nie die kapasiteit het om veilings te hou nie en ook nie die tyd het om hulle eie diere te bemark nie. “In terme van kopers sien ek die winkel as ’n unieke geleentheid vir boere om gesogte genetika te bekom en terselfdertyd die regte advies en ondersteuning te kry.”

0 replies

Leave a Reply

Want to join the discussion?
Feel free to contribute!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *