Wildswinkel inligtingsdag

Wildswinkel inligtingsdag en jagpakketveiling

STELLENBOSCH – Donderdag, 27 Oktober 2016 is ’n geskiedkundige dag vir Wildswinkel, ’n veilingshuis in die wildbedryf. Hierdie onderneming se tweede jaar van wildveilings breek in 2017 aan. Vir die eerste keer bied Wildswinkel ook ’n inligtingsdag in die Boland aan.

Volgens Lood Bester, uitvoerende hoof van Wildswinkel is dit vir die maatskappy ’n voorreg om in die Boland hul eerste inligtingsdag aan te bied. “Ons is vol vertroue dat die wildbedryf in die Wes-Kaap groot potensiaal vir groei toon,” sê Bester.

Hy vertel dat Wildtelers uit die Wes-Kaap streek gereeld wildveilings in ander dele van die land bywoon. “Nou is dit julle beurt,” verwelkom Bester die Wes-Kaapse telers. “Ons ag julle as wildboere van formaat. Belangstelling in die wildbedryf gaan van krag tot krag hier en ons sien baie uit na ons eerste wildveiling in die Boland volgende jaar.”

Wildswinkel beplan hul wildveiling in die Boland vir 17 Maart 2017.

Sprekers tydens die inligtingsdag sluit Louis van der Watt (bekende wildboer van Meletse Game Breeders en mede-stigter van die Atterbury groep), Norman Adami (van Nyumbu Game en voorheen voorsitter van SAB Miller SA) en Wiaan van der Linde, president van Wildbedryf Suid-Afrika (WRSA) en eienaar van Wintershoek Wild in. Hierdie wildkenners deel hulle ondervinding en kennis van die wildbedryf.

Die wildbedryf het ’n wonderlike jaar in 2016 beleef. Wildswinkel was bevoorreg om 15 veilings aan te bied, waarvan daar 11 groep veilings en vier Wildswinkel veilings was.

Vir 2017 word sover sowat 23 veilings beplan. Bester beklemtoon dat dit “beloof om ’n veilingseisoen duisend te wees”.

Die jag- en wildbedrywe is afhanklik van mekaar. “Die een kan nie sonder die ander suksesvol voortbestaan nie,” sê Bester. “Dit is dus belangrik om die wildbedryf as geheel te sien, met teel en jag as twee onderafdelings wat saamwerk.”

Dit is die rede hoekom Wildswinkel ’n unieke jagpakketveiling as deel van hul inligtigtingsdag aanbied. (Sien die katalogus hier: bit.ly/2eGJvpi)

Die Wildswinkel jagpakketveiling is ’n geleentheid vir jagentoesiaste in die Boland om te bie op van die beste jaggeleenthede beskikbaar. Die jagpakkette sal in die smaak van enige jagter val.

’n Gedeelte van die opbrengs van die veiling sal aangewend word om Wildbedryf Suid-Afrika (WRSA) en ander wildorganisasies met skenkings te help. “Bie dus vinnig en hoog om seker te maak jy koop die jagpakket van jou keuse,” sê Bester.

“Ek bedank graag die volgende ondernemings wat vandag se veiling moontlik maak:

• Dries Visser Safaris

• Groot Sleutelfontein Private Game Reserve

• Kwandwe Private Game Reserve

• Murray Ranches

• Piet du Toit Wildbedryf

• Wintershoek Safaris – Karreekloof

Geniet die dag saam met ons by die pragtige Watervliet Landgoed in die Jonkershoek Vallei, Stellenbosch. Dit is heerlik in die Boland.”

0 replies

Leave a Reply

Want to join the discussion?
Feel free to contribute!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *