Wildswinkel Kimberley is reg vir 2015

Wildswinkel is oop in Kimberley

 
Op Sondag 1 Maart het die speelveld van die Noord-Kaapse wildbedryf met integriteit versterk met die amptelike opening van Wildswinkel in Kimberley. Met die voormalige uitvoerende hoof van Griekwas Rugby, Arni van Rooyen, aan die stuur van sake by ons Kimberley kantoor, is die winkel perfek geposisioneer om die wildbedryf in die Noord-Kaap na nuwe hoogtes te neem.

Arni, wat Griekwas Rugby vir die afgelope ses jaar met passie en geesdrif gelei het, meen die wildbedryf is nie veel anders as professionele rugby nie. “Sportagente koop en verkoop top spelers soos wat top-genetika-wild hande verruil. Ek is baie opgewonde oor Wildswinkel en glo dat dié konsep wat homself op die fondamente van maklike en direkte handel in wild gebou het, ook eerlikheid weer terug in die Noord-Kaapse bedryf gaan ploeg.”

Wildswinkel se aankoms in die Diamant Stad het nie net tonge laat klap oor horing-lengtes en kampe span nie, maar het ook die rugby gemeenskap aan die praat gehad ná Wildswinkel besluit het om Griekwas Rugby te borg vir die Vodacom-beker en Absa Curriebeker-toernooie vir 2015. Arni, oo k’n deeltydse wildboer, sê dié borg het sy skuif van die Griekwas na Wildswinkel vergemaklik.

“Dit beteken vir my geweldig baie dat Wildswinkel investeer in die gemeenskap waarin ons besigheid doen.”

 

3 replies
  1. Okkie Oosthuizen
    Okkie Oosthuizen says:

    Baie Geluk en Sterkte met julle nuwe onderneming. Julle is Al reeds n sukses deur om n Baie goeie rugbyspan te onder steun. All seeninge

    Reply

Leave a Reply

Want to join the discussion?
Feel free to contribute!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *