Wildswinkel koopsertifikaat

Wildswinkel se koopsertifikaat waarborg gehalte diens

Ons is trots op die dienste wat Wildswinkel aan ons kliënte in die wildbedryf verskaf. Só trots is ons dat ons ‘n koopsertifikaat verskaf aan ons gewaardeerde kopers.

Hier is ’n paar foto’s van eienaars van ‘n Wildswinkel Koopsertifikaat

Wildswinkel Koopsertifikaat 2Wildswinkel Koopsertifikaat 5 Wildswinkel Koopsertifikaat 4 Wildswinkel Koopsertifikaat 3  Wildswinkel Koopsertifikaat 1

Wildswinkel se dienste sluit die volgende in

Raad en kennis

Ons bedien kliënte van raad en deel kennis oor hoe om die regte infrastruktuur vir ’n wildboerdery in plek te kry. Dit sluit raad oor omheinings, krippe, kampe, die regte voeding en doeltreffende veldbestuur in.

Aankoop van wild

Ons help met die keuse van spesie en fokus op die regte hoeveelheid van watter spesie om aan te koop. Dit behels die opstel van ’n doelgerigte sakeplan. Raad oor pryse en die uitsoek van die beste genetika kry ook aandag.

Vestiging

Om diere te vestig behels vervoer, permitte en veeartsdienste. Inligting word gedeel oor die versekering van wild en die aflaaiproses.

Boerdery en verkope

Ons boer saam met ons kliënte. Só stel ons vas wat om wanneer te verkoop. Ons bemark die wild wat te koop aangebied word op ons wêreldklas bemarkingsplatforms. Dataversameling en rekordhouding van alle wild word noukeurig toegepas.

0 replies

Leave a Reply

Want to join the discussion?
Feel free to contribute!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *