Wildswinkel se waardes skep waarde

Wildswinkel hou by hoë waardes in wildbedryf

Deur Patricia Botha

Foto’s deur Quintus Strauss

Wildlife Ranching tydskrif is genooi om ’n seminaar oor deurbraak-oplossings aangaande DNS by te woon. Die seminaar is op 5 Mei deur Wildswinkel by hul kantore op Bela-Bela aangebied. Daar is onder meer ook gesels oor Wildswinkel self en dit het ons nuuskierigheid geprikkel – hier is ’n groep baie suksesvolle wilboere en sakemanne wat, ondanks die ou manier van ‘moenie jouWanneer waardes waarde skep!-9 suksesplan deel nie; môre is hulle jou kompetisie’, bereid is om nuwe toetreders tot die wildbedryf as’t ware op te lei en slim te maak!

Groot was ons verbasing oor hoe openlik hulle hul sukses en kennis wil deel om dit vir nuwe toetreders makliker te maak en op hierdie manier meer suksesvolle wildboere in die bedryf te verseker.

Ons het gesels met Lood Bester, Wildswinkel se besturende direkteur, om meer uit te vind oor hierdie unieke skaarswildaanlynwinkel.

“Ons diens aan kliënte behels vier stappe en dek die hele vestigingsproses, van nuwe toetreder tot suksesvolle wildboer.”

Stap 1 behels raad en kennis oor hoe om die regte infrastruktuur vir ’n wildboerdery in plek te kry. Dit sluit raad oor omheinings, krippe, kampe, die regte voeding en doeltreffende veldbestuur in.

Stap 2 het te doen met die aankoop van wild. Hier word gefokus op watter spesies en die regte hoeveelheid wat aangekoop moet word. Dit behels grootliks die opstel van ’n doelgerigte sakeplan. Raad oor pryse en die uitsoek van die beste genetika kry ook hier aandag.

Stap 3 fokus op vestiging. Hier kom die kwessie van vervoer en permitte ter sprake, asook die verskaffing van veeartsdienste. Klarigheid word gegee oor die versekering van wild en die aflaaiproses.

Stap 4 lê klem op die boerdery en verkope. Wildswinkel boer saam met die kliënt en só word vasgestel wat om wanneer te verkoop. Ons bemark die wild wat te koop aangebied word op ons wêreldgehalte-platform. Dataversameling van alle wild word noukeurig toegepas.

Wanneer waardes waarde skep!-3Tydens die seminaar het ’n paar vrae by ons opgekom en ons het die manne verder uitgevra.

Waar het Wildswinkel begin en hoekom?

Die skaarswild-aanlynwinkel Wildswinkel het ontstaan om vir bestaande en nuwe toetreders tot die wildbedryf ’n platform te bied wat die koop en verkoop van skaarswild maklik maak. Eerlikheid en integriteit is ononderhandelbaar op Wildswinkel se direkte koop- en verkoopplatform – saketransaksies word sonder enige geheime of agendas beklink.

Die Klipkamp Veiling van Legendes was ’n geskiedkundige dag in die Suid- Afrikaanse wildbedryf. Nie net was die Klipkamp-produksieveiling die grootste buffelveiling nóg in Suid-Afrika nie, maar Woensdag 27 Augustus 2014 was ook die dag waarop Wildswinkel se deure amptelik geopen het. Dié skaarswild- winkel is die eerste van sy soort.

Tydens die Klipkamp-veiling het meer as 80 topgehalte, siektevrye buffels van Oos-Afrikaanse, Addo-, Madikwe- en Krugergenetika onder die hamer gekom, insluitend 50 koeie en verse. By Wildswinkel se splinternuwe kantore op die Zwartkloofnatuurreservaat 13 km vanaf Bela-Bela op die Thabazimbi-pad, het die opening van Wildswinkel tydens dié geskiedkundige veiling nuwe markgeleenthede binne die Suid-Afrikaanse wildbedryf geskep.Wanneer waardes waarde skep!-14

Die afgelope paar maande het Wildswinkel diep spore in die bedryf getrap en aan gesoute wildboere sowel as nuwe toetreders tot die mark puik diens gelewer in die handel van skaars wild. Begin Maart 2015 het Wildswinkel ’n kantoor in Kimberley geopen. Die voormalige uitvoerende hoof van Griekwas Rugby, Arni van Rooyen, is hier in die Noord-Kaap aan die stuur van sake.

Wat maak Wildswinkel anders as ander aanlynverkopers?

By Wildswinkel maak ons die proses van wild koop en verkoop vir ons kliënte eenvoudig en gerieflik. Ons help met die hele koopproses van begin tot einde. Dit gaan nie net daaroor om ’n bok aan ’n kliënt te verkoop nie, maar om ’n nuwe toetreder tot die mark as ’n suksesvolle wildboer te vestig.

Moet ek ’n lid wees om te kan koop?

Nee, Wildswinkel werk nie op ’n lidmaatskapgrondslag nie. Al wat ’n koper hoef te doen is om een van ons bemarkers te kontak of ’n e-pos na die bemarkingspan te stuur. Alle inligting met betrekking tot die navraag word dan aan die koper deurgegee.Wanneer waardes waarde skep!-13

Hoe het julle besluit waar om takke te open?

En is daar planne vir nog takke in die toekoms? Wildswinkel word vanaf drie kantore bestuur. Die Bela- Bela-tak het 30 kampe en sewe voltydse personeel. Die tak in Kimberley het 32 kampe en agt voltydse personeel. Vyf voltydse personeel bestuur die finansiële en bemarkingsaspekte van die onderneming vanuit die hoofkantoor in Pretoria. Wildswinkel glo die tak in Bela- Bela is perfek geposisioneer om die land se Bosveld-streke te bedien. Die Kimberley-kantoor dek die Noord-Kaap, Vrystaat en westelike dele van Noord-Wes. By Wildswinkel is puik dienslewering die grootste prioriteit, en hoewel daar planne is om na ander dele van die land uit te brei, fokus ons tans eers daarop om die bestaande takke goed op dreef te kry.

Voordele om deur julle te koop eerder as op ’n veiling?

Vir veral nuwe toetreders kan groot veilings ’n intimiderende plek wees. Deur van ons dienste gebruik te maak, kan ’n koper deur die hele koopproses bystand kry en sodoende die regte besluite neem met betrekking tot wat om te koop en hoeveel. Nie net koop jy wild nie; ons help jou om jou as wildboer te vestig.

Watter ander dienste bied Wildswinkel?

Ons lewer aanvullende dienste teen mededingende tariewe met betrekking tot:

• Vangs van wild

• Versekering

• Vervoer

• In-en uitvoerpermitte

• Veeartsdienste; en

• Seminare/Inligtingsdae

Jy kan dit alles met totale gemoedsrus aan ons oor te laat, of jou gekose diensverskaffers gebruik.

Hoe lyk die wildbedryf tans en voorsien julle bedryfsgroei vorentoe?Wanneer waardes waarde skep!-17

Die Suid-Afrikaanse wildbedryf beslaan 12 000 plase met meer as 20 miljoen stuk wild op net soveel hektaar. Die bedryf bied enige belegger die geleentheid om sy sakeportefeulje in die landbousektor aan te vul deur te belê in skaars wild. Nagenoeg 20 000 swartwitpense en 4 500 bastergemsbokke loop op private plase.

Daar is nie een van die 12 000 wildplaaseienaars wat nie swartwitpense of bastergemsbokke op hulle plase wil laat loop nie. Dieselfde geld vir buffels en al die menigte kleurvariante, soos die goue wildebees, waarvan die hele bevolking net 1 500 diere beslaan. Dus is die mark nog ver van ’n situasie waar die aanbod na skaars wild die vraag oorskry.

Die Suid-Afrikaanse wildbedryf groei teen ’n enorme tempo en sal vir nog baie jare in elk van sy fasette aanhou groei.

Aandeelhouers

Wildswinkel se aandeelhouers is vyf topsakemanne en wildboere

Louis van der Watt is die stigter en uitvoerende hoof van die Atterburygroepen mede-eienaar van Meletse Game Breeders.

Lood Bester is die stigter en eienaar van SMD en mede-eienaar van Botlierskop Stud Game.

Wiaan van der Linde is die eienaar van Wintershoek Wild en visepresident van WRSA.

Arnold Neethling is die eienaar van Botlierskop Private Natuurreservaat en mede-eienaar van Botlierskop Stud Game.

Jan Morgan is die stigter van die Morgan Groep van Maatskappye en ontwikkelaar van die Zwartkloof Private Natuurreservaat.

 

Hierdie artikel verskyn in Wildlife Ranching uitgawe drie, 2015

Laai die artikel af as ’n PDF

1 reply

Leave a Reply

Want to join the discussion?
Feel free to contribute!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *