’n Terugblik op die pad sover; Wildswinkel vooruitsigte vir 2015

’n Goeie jaar vir Wildswinkel

Die “Veiling van Legendes” was ’n geskiedkundige dag in die Suid-Afrikaanse wildbedryf. Nie net was die Klipkamp-produksieveiling die grootse buffelveiling nóg in Suid-Afrika nie, maar Woensdag 27 Agustus 2014 was ook die dag toe ons Wildswinkel se deure amptelik oopgemaak het vir besigheid. Dié skaars-wild-winkel is die eerste van sy aard.

Wildswinkel koop regstreeks wild van boere en wild kan dan weer “van die rak af” gekoop word.

Tydens die Klipkamp-veiling het meer as 80 top-gehalte, siektevrye buffels van Oos-Afrikaanse, Addo, Madikwe en Kruger-genetika onder die hamer gekom, insluitend 50 koeie en verse. By die splinternuwe kantore van Wildswinkel, geleë op Zwartkloof-natuurreservaat 13 km vanaf Bela-Bela op die Thabazimbi-pad, het die opening van Wildswinkel tydens dié geskiedkundige veiling nuwe markgeleenthede laat ontstaan binne die Suid-Afrikaanse wildbedryf.

Die afgelope ses maande het Wildswinkel diep spore in die bedryf getrap en aan gesoute wildboere sowel as nuwe toetreders tot die mark puik diens gelewer in die handel van skaars wild. Begin Maart 2015 het ons kantoor in Kimberley ook sy deure oopgemaak. Aan die stuur van sake in die Noord-Kaap is die voormalige uitvoerende hoof van Griekwas Rugby, Arni van Rooyen.

Wildswinkel is ook ’n trotse borg van Griekwas Rugby vir beide die Vodacom-beker én die Absa Curriebeker-toernooie vir 2015. Ons glo dat dit boekdele spreek van ons entoesiasme oor en geloof in die volhoubare groei van die wildbedryf in die Noord-Kaap.

Sommer al vroeg in die seisoen bied Wildswinkel met trots ’n staak boerdery uitverkoping aan. Van buffels, swartwitpense, bastergemsbokke en lechwes tot swart rooibokke, bontebokke, en koper en geel blesbokke is beskikbaar. Dié diere loop huidiglik in die Noord-Vrystaat en sal bemark word as besigheidseenhede, eerder as individuele diere. Hou gerus ons webtuiste dop vir besonderhede.

Wildswinkel is opgewonde oor die 2015 WRSA konferensie wat by Sun City gehou word. Kom ontmoet ons gerus oor ’n koppie koffie vanaf 13 tot 14 Maart 2015.

Wildswinkel is verbind tot sake doen met integriteit. Ons wil graag diens lewer wat jou handel in skaars wild sal vergemaklik.

Sien jou by Sun City!

 

2 replies

Leave a Reply

Want to join the discussion?
Feel free to contribute!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *