fbpx
Wildswinkel fav-icon

WILDSWINKEL FEED

CONTACT DETAILS

Victor Matfield
082 332 3355
victor@wildswinkel.co.za

Charl van der Westhuizen
083 282 9922

charl@wildswinkel.co.za
Finansies

Hendrik de Kock
083 347 5325
hendrik@wildswinkel.co.za

Chantelle de la Porte
082 780 9745
chantelle@wildswinkelvoere.co.za
Voedingskundige

ALGEMENE INLIGTING

Wildswinkel Voere strewe daarna om die beste kwaliteit voer te vervaardig teen ‘n bekostigbare prys. Al ons voere is spesiaal geformuleer vir ‘n spesifieke spesie en daarom kry elke dier die optimale nutriënte om sy volle genetiese potensiaal te kan bereik. Gevorderde tegnologie word in al ons voere gebruik wat die resultaat is van meer as twaalf jaar se intensiewe wildnavorsing. Ons gebruik slegs die beste gehalte grondstowwe en

 

streng kwaliteitsbeheer maatreels word toegepas om sodoende ‘n konstante hoë kwaliteit produk te verseker.  Wildswinkel Voere gebruik verskeie gepatenteerde voertegnologieë wat ons voere uniek maak in die mark.  Daar word byvoorbeeld unieke beskermde aminosure en vetsure in ons voere ingesluit om optimale reproduksie, melkproduksie, groei, horing groei, en algemene gesondheid en voorkoms te verseker.  Ons wildreeks bestaan uit ons standaard Bobaas reeks, naamlik Blaarvreter 16%, Grasvreter 14% en ons

alles-in-een Boerekos 12%. Dan is daar ons Bobaas Plus reeks wat meer gespesialiseerd is en daar is ‘n produk vir byna elke spesie. Hulle sluit in Bobaas Plus Koedoe, Njala, Springbok, Eland, Gemsbok, Swartwitpens en Buffel. Ander produkte sluit ook in volledige voere, semi-volledige voere, wildslekke en verskeie selfmeng konsentrate. Ons vervaardig ook ‘n spesiale reeks produkte wat medikasies bevat om inwendig sowel as uitwendige parasiete te beheer.

 

Spesie spesifiek

Al ons produkte word geformuleer vir spesifieke spesies. Elke spesie se spysverteringskanaal verskil en het ook verskillende mikro-mineraal, vitamien, aminosuur en vetsuur behoeftes.

Area spesifiek

Grond, plantspesies en klimaat verskil drasties in verskeie geografiese areas van ons land. Spesifieke tekorte en oormate van minerale word gevind in die soetveld, suurveld en gemengde veld van Suid-Afrika en dit word in ag geneem met die formulering vir ‘n spesifieke area in ons land.

Seisoen spesifiek

Gedurende die somer maande, wanneer weiding volop is, verlaag die innames van aanvullende-voer. Die dier se behoefte aan noodsaaklike nutriënte bly egter grootliks dieselfde. Ons formulasies word dan so aangepas, om te verseker dat die dier steeds optimale hoeveelhede van hierdie voedingstowwe inneem. Die voedingswaarde van winterweiding is ook baie laer as die van somerweiding en vir die rede verskil ons formulasies aansienlik tussen die twee seisoene om te verseker jou diere is in top produktiewe kondisie regdeur die jaar.

Unieke tegnologie

Al ons formulasies is gebaseer op metaboliseerbare aminosure. Daar word veral klem gelê op vyf spesifieke aminosure in hulle ideale verhoudings. Elke horingtipe se aminosuur verhouding verskil van die ander. Wildswinkel Voere formuleer die aminosure spesifiek vir elke tipe. Die tipe energiebronne wat ons in ons voere gebruik stimuleer weidingsbenutting en hou die diere se grootpens funksioneel en gesond. Ons voere bevat al die belangrike makro en mikro minerale in hulle ideale verhoudings asook meer as 8 verskillende vitamiene en pro-vitamiene.

Die pille word doelbewus sagter verpil om vitamienes en aminosure te beskerm, om vesel effektiwiteit te verhoog, om die diere se tande te beskerm, en om hoër innames by jong diere te verseker.

Wildswinkel Voere is geformuleer om liggaamsgroei te bevorder, reproduksie te optimaliseer, melkproduksie te verbeter, algemene gesondheid en immuniteit te verseker, haarkleed blink en gesond te hou en horinggroei te stimuleer.

Liggaamsgroei

Die oorerwing van liggaamsgroei is medium oorerfbaar, maar swak voeding sal verhoed dat ‘n dier sy volle genetiese potensiaal bereik. Spesifieke aminosure in die regte verhoudings is belangrik om optimale liggaamsgroei te verseker, en ‘n tekort aan slegs een aminosuur, kan verhoed dat dit plaasvind. Daarom is dit baie belangrik dat ’n gebalanseerde aminosuur dieet voorsien word. Die energie tot proteïene verhouding is ook van kardinale belang om optimum liggaamsgroei te verseker. Ons voere word noukeurig saamgestel om perfekte balans van voedingstowwe te bewerkstellig en sodoende liggaamsgroei te optimaliseer.

Reproduksie

Reproduksie eienskappe is laag oorerfbaar en omgewings faktore speel ‘n belangrike rol in die uitdrukking van hierdie gene. Optimale voeding is dus van kardinale belang om die beste reproduksie te verseker. Spesifieke mikro-minerale soos koper, selenium en mangaan, asook sekere noodsaaklike vetsure speel ‘n belangrike rol in eiersel formasie en kwaliteit asook spermsel lewensvatbaarheid. Wildswinkel Voere se produkte bevat unieke tegnologie wat oor meer as ‘n dekade se navorsing verfyn is om vrugbaarheid te verbeter.

Melkproduksie

Melkproduksie is baie belangrik om groei en ontwikkeling van jong diere te stimuleer. Epi-genetika is die verskynsel waar gene nie geaktiveer word nie, as gevolg van omgewings faktore soos onvoldoende melkinnames as ’n jong dier. Hierdie dier sal sodoende nie sy volle genetiese potensiaal bereik vir byvoorbeeld horinggroei nie, as gevolg van die feit dat hierdie gene nie tot uitdrukking gekom het nie.

Wildswinkel Voere gebruik verskeie gepatenteerde voertegnologieë soos byvoorbeeld unieke beskermde aminosure en vetsure wat melkproduksie stimuleer. Ons produkte bevat gebalanseerde hoeveelhede van al die belangrike voedingstowwe wat optimale melkproduksie verseker en sodoende ‘n gesonde, sterk, gespeende dier meebring.

Immuniteit

Die algemene gesondheid van ‘n kudde is baie belangrik en daar is talle stres faktore wat die immuunstelsel onderdruk. Faktore sluit in, patogene, nuwe omgewings blootstellings, vermenging met vreemde diere, hantering en vele meer. Om te verseker dat die dier hierdie stres faktore kan hanteer, moet die immuniteitstelsel ‘n hupstoot gegee word. Baie spesifieke vitamiene en minerale is nodig om die immuunstelsel te versterk. Sekere vetsure speel ’n belangrike rol in inflammasie bevegting. Jarelange navorsing op hierdie gebied maak ons voere uniek en verseker die algemene gesondheid van jou wild sodat hulle optimaal kan presteer.

Haarkleed

‘n Gesonde en blink haarkleed is ‘n belangrike eienskap wat die algehele visuele voorkoms van jou diere beïnvloed. Sekere noodsaaklike vetsure is nodig om ’n blink en gesonde haarkleed te verseker. Daar is ook talle mikro-minerale wat ’n belangrike rol speel in die kleur van die haarkleed, byvoorbeeld koper, sink en mangaan. Ons voere bevat ‘n unieke mengsel van omega-3, -6 en -9 vette asook gebalanseerde mikro-mineraal konsentrasies, om die diere ’n blink en gesonde haarkleed te gee met maksimale kleur-kontras.

Horinggroei

Horinggroei is seker een van die belangrikste faktore wat die verkoopsprys van ’n teeldier bepaal. Anders as by liggaamsgroei is daar geen kompensatoriese horinggroei wat kan plaasvind nie. Dit beteken dat indien ’n dier onvoldoende voeding ontvang het in ’n sekere periode van sy lewe, kan daardie verlore horinggroei nooit weer opgevang word nie. Die voedingstowwe en biologiese prosesse wat verantwoordelik is vir horinggroei in diere, verskil van spesie tot spesie en hierdie inligting word in ons voere gebruik om die horinggroei van elke spesie te maksimaliseer.

PRODUKTE

BOBAAS REEKS

Tipe dier
Blaar-en gemengde vreter wild

 

Vorm & Verpakking:
Pille in 50 kg sakke.

BOBAAS BLAARVRETER 16%

 

Blaarvreters selekteer voer van hoë kwaliteit en hoë verteerbaarheid. Hulle dieet bevat hoër energie en proteïene in vergelyking met ‘n grasvreter se dieet. Blaarvreters het kort en gereelde eetsessies en ‘n kort herkou proses. Die voer beweeg vinnig deur die verteringskanaal en daar is laer retensietyd in die grootpens vir die afbreek van vesel. Blaarvreters het ‘n baie kleiner omasum as grasvreters, en laer toleransie vir vesel. Die blaarvreter het gespesialiseerde papille op die grootpenswand, wat ‘n vergrote oppervlakte het vir die opneem van groot hoeveelhede voedingstowwe. Ons Bobaas Blaarvreter 16 bevat minimum 16% proteïene en is spesifiek geformuleer vir alle blaarvreters en gemengde vreters. Hierdie produk kan ook vir grasvreters gevoer word teen laer innames. Dit is ‘n aanvullende voer (supplement) wat altyd saam met voldoende weiding of goeie kwaliteit ruvoer gevoer moet word.

Registrasienommer: V29055  |  Wet 36/1947

VOEDINGSTOF SPESIFIKASIE KONSENTRASIE MIN/MAKS
Proteïen 160 g/kg min
Proteïen vanaf NPN 0 % maks
Energie (Beraam) 9.8 MJ/kg min
Vog 120 g/kg maks
Vet 30 g/kg min
Vesel 100 g/kg maks
Kalsium 12 g/kg maks
Fosfor 7 g/kg min
Kalium 12 g/kg min
Magnesium 3 g/kg min
Natrium 2 g/kg min
Doel

‘n Aanvullende voer om die nutriënt behoeftes van die blaar en gemengde vreter te bevredig

Voordele van die produk
  • Verskaf hoër energie om aan behoeftes te voldoen.
  • Proteïen kwaliteit is hoog om aan spesifieke behoefte te voldoen.
  • Bevat verbyvloei-aminosure in spesifieke verhoudings om beter liggaamsgroei, melkproduksie en horinggroei te bewerkstellig.
  • Bevat laer veselvlakke om die vertering van blaar en gemengde vreters te bevoordeel.
  • Bevat hoë kwaliteit minerale en vitamiene waarvan groot gedeelte in organiese vorm is.
  • Die produk is geformuleer om groei, reproduksie en horinggroei te bevorder asook om ‘n gesonde haarkleed te verseker.
  • Word in pilvorm aanbeveel vir minder vermorsing en beter inname.
Voer Instruksie
  • Dit is ‘n aanvullende voer (supplement) wat altyd saam met voldoende weiding of goeie kwaliteit ruvoer gevoer moet word. Voer streng volgens aanbeveling. Raadpleeg ‘n Wildswinkel Voere voedingskundige indien meer inligting verlang word.
  • Verseker dat daar voldoende vreetspasie is vir elke dier.
Inname riglyne
  • Rooibok: 0.275 – 0.5 kg/dag
  • Koedoe: 1.0 – 2.0 kg/dag
  • Njala: 0.3 – 0.7 kg/dag
  • Bosbok: 0.175 – 0.35 kg/dag
  • Eland: 2.25 – 4.25 kg/dag
  • Springbok 0.175 – 0.35 kg/dag
  • Blesbok 0.35 – 0.65 kg/dag
  • Blouwildebees 1.0 – 1.8 kg/dag
  • Waterbok 1.0 – 1.9 kg/dag
  • Swartwitpens 1.0 – 1.9 kg/dag
  • Bastergemsbok 1.35 – 2.7 kg/dag
  • Buffel 2.5 – 5.0 kg/dag
Waarskuwing

Dit is ‘n aanvullende voer (supplement) wat altyd saam met voldoende weiding of goeie kwaliteit ruvoer gevoer moet word. Voer streng volgens aanbeveling. Raadpleeg ‘n Wildswinkel Voere voedingskundige indien meer inligting verlang word.

Tipe dier
Grasvretende wild

 

Vorm & Verpakking:
Pille in 50 kg sakke.

BOBAAS GRASVRETER 14%

 

Grasvreters is in staat om laer kwaliteit voere, goed te benut. Hulle dieet se verteerbaarheid, energiewaarde en proteïen-waarde is laer as dié van blaarvreters. Grasvreters spandeer baie tyd aan herkou en dit verseker dat die moeilik verteerbare materiale opgebreek word om sodoende groter oppervlaktes bloot te stel aan mikroörganismes vir fermentasie in die rumen (grootpens). Grasvreters het ook ‘n baie groter verteringstelsel relatief tot liggaamsgewig in vergelyking met blaarvreters. Ons Bobaas Grasvreter 14 bevat 14% proteïene en is geformuleer vir alle grasvreters en gemengde vreters kan ook van hierdie voer vreet. Dit is ‘n aanvullende voer (supplement) wat altyd saam met voldoende weiding of goeie kwaliteit ruvoer gevoer moet word.

Registrasienommer: V29054  |  Wet 36/1947

VOEDINGSTOF SPESIFIKASIE KONSENTRASIE MIN/MAKS
Proteïen 140 g/kg min
Proteïen vanaf NPN 0 % maks
Energie (Beraam) 9.5 MJ/kg min
Vog 120 g/kg maks
Vet 50 g/kg min
Vesel 110 g/kg maks
Kalsium 12 g/kg maks
Fosfor 7 g/kg min
Kalium 12 g/kg min
Magnesium 3 g/kg min
Natrium 2 g/kg min
Doel

Om die unieke vermoë van grasvreters om lae kwaliteit ruvoer te benut te optimaliseer en weidingstekorte aan te vul.

Voordele van die produk
  • Bevat hoë kwaliteit spoorminerale waarvan ‘n groot gedeelte organies is.
  • Bevat lusern en ander produkte vir smaaklikheid.
  • Bevat slegs hoë kwaliteit natuurlike proteïene.
  • Bevat verbyvloei-aminosure in spesifieke verhoudings om beter liggaamsgroei, melkproduksie en horinggroei te bewerkstellig.evat meer as een energiebron om optimale vertering te bewerkstellig.
  • Die produk is geformuleer om groei, reproduksie en horinggroei te bevorder asook om ‘n gesonde haarkleed te verseker.
  • Word in pilvorm aanbeveel vir minder vermorsing en beter inname.
Voer Instruksie
  • Dit is ‘n aanvullende voer (supplement) wat altyd saam met voldoende weiding of goeie kwaliteit ruvoer gevoer moet word. Voer streng volgens aanbeveling. Raadpleeg ‘n Wildswinkel Voere voedingskundige indien meer inligting verlang word.
  • Verseker dat daar voldoende vreetspasie is vir elke dier.
Inname riglyne
  • Rooibok: 0.275 – 0.55 kg/dag
  • Eland: 2.25 – 4.5 kg/dag
  • Springbok 0.175 – 0.375 kg/dag
  • Blesbok 0.35 – 0.7 kg/dag
  • Blouwildebees 1.0 – 2.0 kg/dag
  • Waterbok 1.0 – 2.0 kg/dag
  • Swartwitpens 1.0 – 2.0 kg/dag
  • Bastergemsbok 1.35 – 2.8 kg/dag
  • Buffel 2.5 – 5.5 kg/dag
Waarskuwing

Dit is ‘n aanvullende voer (supplement) wat altyd saam met voldoende weiding of goeie kwaliteit ruvoer gevoer moet word. Voer streng volgens aanbeveling. Raadpleeg ‘n Wildswinkel Voere voedingskundige indien meer inligting verlang word.

Tipe dier
Sien Voerinstruksie

 

Vorm & Verpakking:
Pille in 50 kg sakke.

BOBAAS BOEREKOS 12%

 

Ons Bobaas Boerekos 12% is ons baie ekonomiese alles-in-een voer wat vir byna enige spesie gevoer kan word. Hierdie voer is ideaal vir die boer wat meer as een spesie in dieselfde kamp aanhou asook oop plase met vlaktewild. Die produk is meer geskik vir gras en -gemengde vreters. Ons beveel aan dat spesies met hoë seleksie intensiteit, soos die blou duiker, nie Boerekos gevoer word nie. Boerekos is ‘n aanvullende voer (supplement) wat altyd saam met voldoende weiding of goeie kwaliteit ruvoer gevoer moet word.

Registrasienommer: V29053  |  Wet 36/1947

VOEDINGSTOF SPESIFIKASIE KONSENTRASIE MIN/MAKS
Proteïen 120 g/kg min
Proteïen vanaf NPN 0 % maks
Energie (Beraam) 9 MJ/kg min
Vog 120 g/kg maks
Vet 30 g/kg min
Vesel 120 g/kg maks
Kalsium 12 g/kg maks
Fosfor 7 g/kg min
Kalium 12 g/kg min
Magnesium 3 g/kg min
Natrium 2 g/kg min
Doel

‘n Baie bekostigbare aanvullende voer wat weidingsbenutting stimuleer en voedingstof tekorte in die weiding op hef.

Voordele van die produk

• Baie ekonomiese aanvulling vir ‘n verskeidenheid wildspesies.
• Bevat hoë kwaliteit spoorminerale en vitamiene.
• Bevat melasse en lusern vir smaaklikheid.
• Bevat slegs hoë kwaliteit natuurlike proteïene.
• Aminosure is so geformuleer dat dit groei, melkproduksie en horinggroei sal stimuleer.
• Bevat meer as een energiebron om optimale vertering te bewerkstellig.
• Word in pilvorm aanbeveel vir minder vermorsing en beter inname.
• Bevat hoër veselvalkke om negatiewe gevolge van oorvreet te voorkom.

Voer Instruksie
  • Dit is ‘n aanvullende voer (supplement) wat altyd saam met voldoende weiding of goeie kwaliteit ruvoer gevoer moet word. Voer streng volgens aanbeveling. Raadpleeg ‘n Wildswinkel Voere voedingskundige indien meer inligting verlang word.
  • Verseker dat daar voldoende vreetspasie is vir elke dier.
Inname riglyne
  • Rooibok: 0.3 – 0.6 kg/dag
  • Eland: 2.5 – 5 kg/dag
  • Springbok 0.2 – 0.375 kg/dag
  • Blesbok 0.4 – 0.75 kg/dag
  • Blouwildebees 1.0 – 2.1 kg/dag
  • Waterbok 1.0 – 2.1 kg/dag
  • Swartwitpens 1.0 – 2.1 kg/dag
  • Bastergemsbok 1.35 – 2.8 kg/dag
  • Buffel 3 – 6 kg/dag
Waarskuwing

Dit is ‘n aanvullende voer (supplement) wat altyd saam met voldoende weiding of goeie kwaliteit ruvoer gevoer moet word. Voer streng volgens aanbeveling. Raadpleeg ‘n Wildswinkel Voere voedingskundige indien meer inligting verlang word.

BOBAAS+ REEKS

BOBAAS+ BUFFEL / WILDEBEES

Tipe dier
Buffels

 

Vorm & Verpakking:
Pille in 50 kg sakke.

Doel

Spesifiek geformuleer om die unieke vermoë van ‘n nie-selektiewe grasvreter om lae kwaliteit ruvoer te benut te optimaliseer

Voordele van die produk

• Bevat hoë kwaliteit spoorminerale waarvan ‘n groot gedeelte organies is.
• Bevat lusern en ander bestanddele vir smaaklikheid.
• Bevat slegs hoë kwaliteit natuurlike proteïene.
• Bevat verbyvloei-aminosure in spesifieke verhoudings om beter horinggroei te bewerkstellig.
• Aminosure is so geformuleer dat dit groei, melkproduksie en horinggroei sal stimuleer.
• Bevat meer as een energiebron om optimale vertering van lae kwaliteit gras te bewerkstellig.
• Word in pilvorm aanbeveel vir minder vermorsing en beter inname.

Voer Instruksie
  • Dit is ‘n aanvullende voer (supplement) wat altyd saam met voldoende weiding of goeie kwaliteit ruvoer gevoer moet word. Voer streng volgens aanbeveling. Raadpleeg ‘n Wildswinkel Voere voedingskundige indien meer inligting verlang word.
  • Verseker dat daar voldoende vreetspasie is vir elke dier.
Inname riglyne
  • Buffel bul 2.5 – 6.5 kg/dag
  • Buffel koei 2.0 – 5 kg/dag
Wildebees
  • Bul 1.1 – 1. 25 kg/dag
  • Koei 1.0 – 1.15 kg/dag
  • Koei & kalf 1.6 – 1.75 kg.dag
Waarskuwing

Dit is ‘n aanvullende voer (supplement) wat altyd saam met voldoende weiding of goeie kwaliteit ruvoer gevoer moet word. Voer streng volgens aanbeveling. Raadpleeg ‘n Wildswinkel Voere voedingskundige indien meer inligting verlang word.

Registrasienommer: KLIëNTE MENGSEL (CUSTOM MIX)  |   Wet 36/1947

VOEDINGSTOF SPESIFIKASIE KONSENTRASIE MIN/MAKS
Proteïen 140 g/kg min
Proteïen vanaf NPN 0 % maks
Energie (Beraam) 9.5 MJ/kg min
Vog 120 g/kg maks
Vet 30 g/kg min
Vesel 120 g/kg maks
Kalsium 14 g/kg maks
Fosfor 8 g/kg min
Kalium 12 g/kg min
Magnesium 3 g/kg min
Natrium 2 g/kg min

BOBAAS+ SWARTWITPENS / BASTERGEMSBOK

Tipe dier
Swartwitpense en Bastergemsbokke

 

Vorm & Verpakking:
Pille in 50 kg sakke.

Doel

Spesifiek geformuleer om aan die voedingsbehoeftes van Swartwitpense en Bastergemsbokke wat selektiewe grasvreters is te voldoen

Voordele van die produk
  • Bevat hoë kwaliteit spoorminerale waarvan ‘n groot gedeelte organies is.
  • Bevat lusern en ander bestanddele vir smaaklikheid.
  • Bevat slegs hoë kwaliteit natuurlike proteïene.
  • Bevat verbyvloei-aminosure in spesifieke verhoudings om beter horinggroei te bewerkstellig.
  • Aminosure is so geformuleer dat dit groei, melkproduksie en horinggroei sal stimuleer.
  • Bevat unieke mengsel van vetsure om vrugbaarheid te verbeter en ‘n gesonde blink haarkleed te verseker met duidelike kleur-kontras.
  • Bevat meer as een energiebron om optimale vertering van weiding te bewerkstellig.
  • Word in pilvorm aanbeveel vir minder vermorsing en beter inname.
Voer Instruksie
  • Dit is ‘n aanvullende voer (supplement) wat altyd saam met voldoende weiding of goeie kwaliteit ruvoer gevoer moet word. Voer streng volgens aanbeveling. Raadpleeg ‘n Wildswinkel Voere voedingskundige indien meer inligting verlang word.
  • Verseker dat daar voldoende vreetspasie is vir elke dier.
Inname riglyne
  • Swartwitpens bul 1.2 – 2.2 kg/dag
  • Swartwitpens koei 1.0 – 2.0 kg/dag
  • Bastergemsbok bul 1.5 – 3.0 kg/dag
  • Bastergemsbok koei 1.4 – 2.8 kg/dag
Waarskuwing

Dit is ‘n aanvullende voer (supplement) wat altyd saam met voldoende weiding of goeie kwaliteit ruvoer gevoer moet word. Voer streng volgens aanbeveling. Raadpleeg ‘n Wildswinkel Voere voedingskundige indien meer inligting verlang word.

Registrasienommer: KLIëNTE MENGSEL (CUSTOM MIX)  |   Wet 36/1947

VOEDINGSTOF SPESIFIKASIE KONSENTRASIE MIN/MAKS
Proteïen 160 g/kg min
Proteïen vanaf NPN 0 % maks
Energie (Beraam) 9.8 MJ/kg min
Vog 120 g/kg maks
Vet 30 g/kg min
Vesel 100 g/kg maks
Kalsium 14 g/kg maks
Fosfor 8 g/kg min
Kalium 12 g/kg min
Magnesium 3 g/kg min
Natrium 2 g/kg min

BOBAAS+ GEMSBOK

Tipe dier
Gemsbokke

 

Vorm & Verpakking:
Pille in 50 kg sakke.

Doel

Gemsbokke het vanweë hulle woestyn herkoms ‘n baie unieke mineraal metabolisme patroon en derhalwe is hierdie produk spesifiek geformuleer om aan die unieke voedingsbehoeftes van Gemsbokke te voldoen. Gemsbokke het ook ‘n baie unieke horingsamestelling en hierdie produk is spesifiek ontwikkel on hulle horinggroei te stimuleer.

Voordele van die produk
  • Bevat hoë vlakke van die beste kwaliteit spoorminerale spesifiek vir Gemsbokke waarvan ‘n groot gedeelte organies is.
  • Bevat hoër vlakke van sekere vitamienes waaraan Gemsbokke ‘n groter behoefte as ander diere het.
  • Bevat lusern en ander bestanddele vir smaaklikheid.
  • Bevat slegs hoë kwaliteit natuurlike proteïene.
  • Bevat verbyvloei-aminosure in spesifieke verhoudings om beter horinggroei te bewerkstellig.
  • Aminosure is so geformuleer dat dit groei, melkproduksie en horinggroei sal stimuleer.
  • Bevat meer as een energiebron om optimale vertering te bewerkstellig
  • Word in pilvorm aanbeveel vir minder vermorsing en beter inname.
Voer Instruksie
  • Dit is ‘n aanvullende voer (supplement) wat altyd saam met voldoende weiding of goeie kwaliteit ruvoer gevoer moet word. Voer streng volgens aanbeveling. Raadpleeg ‘n Wildswinkel Voere voedingskundige indien meer inligting verlang word.
  • Verseker dat daar voldoende vreetspasie is vir elke dier.
Inname riglyne
  • Gemsbok koei: 1.0 – 2.0 kg/dag
  • Gemsbok bul: 1.1 – 2.2 kg/dag
Waarskuwing

Dit is ‘n aanvullende voer (supplement) wat altyd saam met voldoende weiding of goeie kwaliteit ruvoer gevoer moet word. Voer streng volgens aanbeveling. Raadpleeg ‘n Wildswinkel Voere voedingskundige indien meer inligting verlang word.

Registrasienommer: KLIëNTE MENGSEL (CUSTOM MIX)  |   Wet 36/1947

VOEDINGSTOF SPESIFIKASIE KONSENTRASIE MIN/MAKS
Proteïen 150 g/kg min
Proteïen vanaf NPN 0 % maks
Energie (Beraam) 9.5 MJ/kg min
Vog 120 g/kg maks
Vet 40 g/kg min
Vesel 100 g/kg maks
Kalsium 14 g/kg maks
Fosfor 8 g/kg min
Kalium 12 g/kg min
Magnesium 3 g/kg min
Natrium 2 g/kg min

BOBAAS+ ELAND

Tipe dier
Gemengde vreters soos Elande en Rooibokke

 

Vorm & Verpakking:
Pille in 50 kg sakke.

Doel

Hierdie produk is spesifiek geformuleer om aan die unieke voedingsbehoeftes van gemengde vreters te voldoen.

Voordele van die produk
  • Bevat hoë kwaliteit spoorminerale spesifiek vir gemengde vreters waarvan ‘n groot gedeelte organies is.
  • Bevat lusern en ander bestanddele vir smaaklikheid.
  • Bevat slegs hoë kwaliteit natuurlike proteïene.
  • Bevat verbyvloei-aminosure in spesifieke verhoudings om beter horinggroei te bewerkstellig.
  • Aminosure is so geformuleer dat dit groei, melkproduksie en horinggroei sal stimuleer.
  • Bevat meer as een energiebron om optimale vertering te bewerkstellig.
  • Word in pilvorm aanbeveel vir minder vermorsing en beter inname.
Voer Instruksie
  • Dit is ‘n aanvullende voer (supplement) wat altyd saam met voldoende weiding of goeie kwaliteit ruvoer gevoer moet word. Voer streng volgens aanbeveling. Raadpleeg ‘n Wildswinkel Voere voedingskundige indien meer inligting verlang word.
  • Verseker dat daar voldoende vreetspasie is vir elke dier.
Inname riglyne
  • Rooibok ram: 0.35 – 0.55 kg/dag
  • Rooibok ooi: 0.25 – 0.4 kg/dag
  • Eland bul 2.5 – 6 kg/dag
  • Eland koei 2.0 – 4.5 kg/dag
Waarskuwing

Dit is ‘n aanvullende voer (supplement) wat altyd saam met voldoende weiding of goeie kwaliteit ruvoer gevoer moet word. Voer streng volgens aanbeveling. Raadpleeg ‘n Wildswinkel Voere voedingskundige indien meer inligting verlang word.

Registrasienommer: KLIëNTE MENGSEL (CUSTOM MIX)  |   Wet 36/1947

VOEDINGSTOF SPESIFIKASIE KONSENTRASIE MIN/MAKS
Proteïen 150 g/kg min
Proteïen vanaf NPN 0 % maks
Energie (Beraam) 9.5 MJ/kg min
Vog 120 g/kg maks
Vet 40 g/kg min
Vesel 110 g/kg maks
Kalsium 14 g/kg maks
Fosfor 8 g/kg min
Kalium 12 g/kg min
Magnesium 3 g/kg min
Natrium 2 g/kg min

BOBAAS+ SPRINGBOK

Tipe dier
Springbokke

 

Vorm & Verpakking:
Pille in 50 kg sakke.

Doel

Springbokke het vanweë hulle woestyn herkoms ‘n baie unieke mineraal metabolisme patroon en derhalwe is hierdie produk spesifiek geformuleer om aan die unieke voedingsbehoeftes van Springbokke te voldoen.

Voordele van die produk
  • Bevat hoë kwaliteit spoorminerale spesifiek vir Spingbokke waarvan ‘n groot gedeelte organies is.
  • Bevat hoër vlakke van sekere vitamienes waaraan Springbokke ‘n groter behoefte as ander diere het.
  • Bevat lusern en ander bestanddele vir smaaklikheid.
  • Bevat slegs hoë kwaliteit natuurlike proteïene.
  • Bevat verbyvloei-aminosure in spesifieke verhoudings om beter horinggroei te bewerkstellig.
  • Aminosure is so geformuleer dat dit groei, melkproduksie en horinggroei sal stimuleer.
  • Bevat meer as een energiebron om optimale vertering te bewerkstellig.
  • Word in pilvorm aanbeveel vir minder vermorsing en beter inname.
Voer Instruksie
  • Dit is ‘n aanvullende voer (supplement) wat altyd saam met voldoende weiding of goeie kwaliteit ruvoer gevoer moet word. Voer streng volgens aanbeveling. Raadpleeg ‘n Wildswinkel Voere voedingskundige indien meer inligting verlang word.
  • rseker dat daar voldoende vreetspasie is vir elke dier.
Inname riglyne
  • Springbok ram: 0.3 – 0.45 kg/dag
  • Springbok ooi: 0.25 – 0.35 kg/dag
Waarskuwing

Dit is ‘n aanvullende voer (supplement) wat altyd saam met voldoende weiding of goeie kwaliteit ruvoer gevoer moet word. Voer streng volgens aanbeveling. Raadpleeg ‘n Wildswinkel Voere voedingskundige indien meer inligting verlang word.

Registrasienommer: KLIëNTE MENGSEL (CUSTOM MIX)  |   Wet 36/1947

VOEDINGSTOF SPESIFIKASIE KONSENTRASIE MIN/MAKS
Proteïen 150 g/kg min
Proteïen vanaf NPN 0 % maks
Energie (Beraam) 9.5 MJ/kg min
Vog 120 g/kg maks
Vet 40 g/kg min
Vesel 100 g/kg maks
Kalsium 14 g/kg maks
Fosfor 8 g/kg min
Kalium 12 g/kg min
Magnesium 3 g/kg min
Natrium 2 g/kg min

BOBAAS+ NJALA

Tipe dier
Njala’s. Kan ook aan ander blaarvreters soos Koedoe’s en Bosbokke gevoer word.

 

Vorm & Verpakking:
Pille in 50 kg sakke.

Doel

Spesifiek geformuleer om aan die unieke voedingsbehoeftes van Njala’s te voldoen. Kan ook aan ander blaarvreters soos Koedoe’s en Bosbokke gevoer word.

Voordele van die produk
  • Bevat hoë kwaliteit spoorminerale spesifiek vir Njala’s waarvan ‘n groot gedeelte organies is.
  • Bevat hoër vlakke van sekere vitamienes waaraan Njala’s ‘n groter behoefte as ander diere het.
  • Bevat lusern en ander bestanddele vir smaaklikheid.
  • Bevat tannien-bindende produkte om benutting van blare te bevorder.
  • Bevat slegs hoë kwaliteit natuurlike proteïene.
  • Bevat verbyvloei-aminosure in spesifieke verhoudings om beter horinggroei te bewerkstellig.
  • Aminosure is so geformuleer dat dit groei, melkproduksie en horinggroei sal stimuleer.
  • Bevat meer as een energiebron om optimale vertering te bewerkstellig.
  • Word in pilvorm aanbeveel vir minder vermorsing en beter inname.
Voer Instruksie
  • Dit is ‘n aanvullende voer (supplement) wat altyd saam met voldoende weiding of goeie kwaliteit ruvoer gevoer moet word. Voer streng volgens aanbeveling. Raadpleeg ‘n Wildswinkel Voere voedingskundige indien meer inligting verlang word.
  • Verseker dat daar voldoende vreetspasie is vir elke dier.
Inname riglyne
  • Njala bul: 0.5 – 1 kg/dag
  • Njala ooi: 0.35 – 0.55 kg/dag
  • Koedoes 1.0 – 2.0 kg/dag
  • Bosbokke 0.175 – 0.35 kg/dag
Waarskuwing

Dit is ‘n aanvullende voer (supplement) wat altyd saam met voldoende weiding of goeie kwaliteit ruvoer gevoer moet word. Voer streng volgens aanbeveling. Raadpleeg ‘n Wildswinkel Voere voedingskundige indien meer inligting verlang word.

Registrasienommer: KLIëNTE MENGSEL (CUSTOM MIX)  |   Wet 36/1947

VOEDINGSTOF SPESIFIKASIE KONSENTRASIE MIN/MAKS
Proteïen 160 g/kg min
Proteïen vanaf NPN 0 % maks
Energie (Beraam) 9.5 MJ/kg min
Vog 120 g/kg maks
Vet 50 g/kg min
Vesel 110 g/kg maks
Kalsium 14 g/kg maks
Fosfor 8 g/kg min
Kalium 12 g/kg min
Magnesium 3 g/kg min
Natrium 2 g/kg min

BOBAAS+ KOEDOE

Tipe dier
Koedoe’s. Kan ook aan ander blaarvreters soos Njala’s en Bosbokke gevoer word.

 

Vorm & Verpakking:
Pille in 50 kg sakke.

Doel

Spesifiek geformuleer om aan die unieke voedingsbehoeftes van Koedoe’s te voldoen.

Voordele van die produk
  • Bevat hoë kwaliteit spoorminerale spesifiek vir Koedoe’s waarvan ‘n groot gedeelte organies is.
  • Bevat hoër vlakke van sekere vitamienes waaraan Koedoe’s ‘n groter behoefte as ander diere het.
  • Bevat lusern en ander bestanddele vir smaaklikheid.
  • Bevat tannien-bindende produkte om benutting van blare te bevorder.
  • Bevat slegs hoë kwaliteit natuurlike proteïene.
  • Bevat verbyvloei-aminosure in spesifieke verhoudings om beter horinggroei te bewerkstellig.
  • Aminosure is so geformuleer dat dit groei, melkproduksie en horinggroei sal stimuleer.
  • Bevat meer as een energiebron om optimale vertering te bewerkstellig.
  • Word in pilvorm aanbeveel vir minder vermorsing en beter inname.
Voer Instruksie
  • Dit is ‘n aanvullende voer (supplement) wat altyd saam met voldoende weiding of goeie kwaliteit ruvoer gevoer moet word. Voer streng volgens aanbeveling. Raadpleeg ‘n Wildswinkel Voere voedingskundige indien meer inligting verlang word.
  • Verseker dat daar voldoende vreetspasie is vir elke dier.
Inname riglyne
  • Koedoe bul 1.2 – 2.5 kg/dag
  • Koedoe koei 1.0 – 2.0 kg/dag
  • Njala bul: 0.5 – 1 kg/dag
  • Njala ooi: 0.35 – 0.55 kg/dag
  • Bosbokke 0.175 – 0.35 kg/dag
Waarskuwing

Dit is ‘n aanvullende voer (supplement) wat altyd saam met voldoende weiding of goeie kwaliteit ruvoer gevoer moet word. Voer streng volgens aanbeveling. Raadpleeg ‘n Wildswinkel Voere voedingskundige indien meer inligting verlang word.

Registrasienommer: KLIëNTE MENGSEL (CUSTOM MIX)  |   Wet 36/1947

VOEDINGSTOF SPESIFIKASIE KONSENTRASIE MIN/MAKS
Proteïen 160 g/kg min
Proteïen vanaf NPN 0 % maks
Energie (Beraam) 9.5 MJ/kg min
Vog 120 g/kg maks
Vet 50 g/kg min
Vesel 110 g/kg maks
Kalsium 14 g/kg maks
Fosfor 8 g/kg min
Kalium 12 g/kg min
Magnesium 3 g/kg min
Natrium 2 g/kg min

BOBAAS WILD HPK 30%

Tipe dier
Alle Wild

 

Vorm & Verpakking:
Pille in 50 kg sakke.

Doel

‘n Konsentraat vir die vermenging van wildsvoere met die boer se eie grondstowwe.

Voordele van die produk
  • Die konsentraat is geformuleer om in die finale voermengsel liggaamsgroei, horinggroei, melkproduksie, gesondheid en reproduksie te verbeter en ‘n gesonde blink haarkleed te bevorder.
  • Bevat spoorminerale teen vlakke soos aanbeveel vir wild. ‘n Groot gedeelte daarvan is organies.
  • Bevat geen ureum nie en slegs hoë kwaliteit natuurlike proteïene.
  • Is geskik vir alle wild (herkouers en nie-herkouers, insluitend blaar- en grasvreters).
Voer Instruksie

Meng in die volgende verhoudings:

 

PRODUKSIE BUFFEL BOMA VOER
Mieliemeel/Chop 300 300 250
Wild Makro 30% 300 250 100
Lusern 320 250 250
Melasse/melassemeel 80 80 120
Ruvoer 120 280
Totaal 1000 1000 1000

 

VOEDINGSTOF
roteïen(g/kg) 160 140 110
Energie (Beraam) 9.8 8.8 8
Vesel(g/kg) 120 150 220
Kalsium(g/kg) 14 10 7
Fosfor(g/kg) 7 5.5 3.5
Supplement inname riglyne
  • Rooibok: 0.275 – 0.5 kg/dag
  • Koedoe: 1.0 – 2.0 kg/dag
  • Njala: 0.3 – 0.7 kg/dag
  • Bosbok: 0.175 – 0.35 kg/dag
  • Eland: 2.25 – 4.25 kg/dag
  • Springbok 0.175 – 0.35 kg/dag
  • Blesbok 0.35 – 0.65 kg/dag
  • Blouwildebees 1.0 – 1.8 kg/dag
  • Waterbok 1.0 – 1.9 kg/dag
  • Swartwitpens 1.0 – 1.9 kg/dag
  • Bastergemsbok 1.35 – 2.7 kg/dag
  • Buffel 2.5 – 5.0 kg/dag
Buffel supplement inname riglyne
  • Buffel bul 2.5 – 6.5 kg/dag
  • Buffel koei 2.0 – 5 kg/dag
Bomavoer

Voer ad lib aan diere in Bomas of gedurende ruvoer skaarstes. Diere sal ongeveer 2.8 tot 3.2% van hulle liggaamsmassa vreet.

Waarskuwing

Geen

Registrasienommer: KLIëNTE MENGSEL (CUSTOM MIX)  |   Wet 36/1947

VOEDINGSTOF SPESIFIKASIE KONSENTRASIE MIN/MAKS
Proteïen 240 g/kg min
Proteïen vanaf NPN 0 % maks
Energie (Beraam) 9 MJ/kg min
Vog 120 g/kg maks
Vet 350 g/kg min
Vesel 80 g/kg maks
Kalsium 30 g/kg maks
Fosfor 10 g/kg min

BOBAAS P6 FOSFAATLEK

Tipe dier
Alle Wild

 

Vorm & Verpakking:
Meel in 50 kg sakke.

Doel

‘n Klaargemengde fosfaatlek vir wild.

Voordele van die produk
  • Voorsien makrominerale en hoë kwaliteit spoorminerale aan diere op somerweiding om weidingstekorte aan te vul.
  • Bevat noodsaaklike vitamienes.
Voer Instruksie

Kan ad lib gevoer word. Dit is ‘n aanvullende voer (supplement) wat altyd saam met voldoende weiding of goeie kwaliteit ruvoer gevoer moet word. Voer streng volgens aanbeveling. Raadpleeg ‘n Wildswinkel Voere voedingskundige indien meer inligting verlang word.

Waarskuwing

Geen

Registrasienommer: KLIëNTE MENGSEL (CUSTOM MIX)  |   Wet 36/1947

VOEDINGSTOF SPESIFIKASIE KONSENTRASIE MIN/MAKS
Kalsium 120 g/kg maks
Fosfor 60 g/kg min

BOBAAS P8 FOSFAATLEK

Tipe dier
Alle Wild

 

Vorm & Verpakking:
Meel in 50 kg sakke.

Doel

‘n Klaargemengde fosfaatlek vir wild.

Voordele van die produk
  • Proteïen kwaliteit is hoog om aan spesifieke behoefte te voldoen.
  • Bevat hoë kwaliteit minerale en vitamiene waarvan groot gedeelte in organiese vorm is.
  • Die produk is geformuleer om groei, reproduksie en horinggroei te bevorder asook om ‘n gesonde haarkleed te verseker.
Voer Instruksie

Kan ad lib gevoer word. Dit is ‘n aanvullende voer (supplement) wat altyd saam met voldoende weiding of goeie kwaliteit ruvoer gevoer moet word. Voer streng volgens aanbeveling. Raadpleeg ‘n Wildswinkel Voere voedingskundige indien meer inligting verlang word.

Waarskuwing

Geen

Registrasienommer: KLIëNTE MENGSEL (CUSTOM MIX)  |   Wet 36/1947

VOEDINGSTOF SPESIFIKASIE KONSENTRASIE MIN/MAKS
Kalsium 120 g/kg maks
Fosfor 60 g/kg min

BOBAAS OORGANGSLEK P3-20

Tipe dier
Alle Wild

 

Vorm & Verpakking:
Pille in 50 kg sakke.

Doel

‘n Klaargemengde oorgangslek vir wild gedurende die laatsomer tot herfs.

Voordele van die produk
  • Proteïen kwaliteit is hoog om aan spesifieke behoefte te voldoen.
  • Bevat hoë kwaliteit minerale en vitamiene waarvan groot gedeelte in organiese vorm is.
  • Die produk is geformuleer om groei, reproduksie en horinggroei te bevorder asook om ‘n gesonde haarkleed te verseker.
Voer Instruksie
  • Kan ad lib gevoer word. Dit is ‘n aanvullende voer (supplement) wat altyd saam met voldoende weiding of goeie kwaliteit ruvoer gevoer moet word. Voer streng volgens aanbeveling. Raadpleeg ‘n Wildswinkel Voere voedingskundige indien meer inligting verlang word.
  • Verseker dat daar voldoende vreetspasie is vir elke dier.
Waarskuwing

Dit is ‘n aanvullende voer (supplement) wat altyd saam met voldoende weiding of goeie kwaliteit ruvoer gevoer moet word. Voer streng volgens aanbeveling. Raadpleeg ‘n Wildswinkel Voere voedingskundige indien meer inligting verlang word.

Registrasienommer: KLIëNTE MENGSEL (CUSTOM MIX)  |   Wet 36/1947

VOEDINGSTOF SPESIFIKASIE KONSENTRASIE MIN/MAKS
Proteïen 200 g/kg min
Proteïen vanaf NPN 0 % maks
Energie (Beraam) 4.5 MJ/kg min
Vog 120 g/kg maks
Vet 10 g/kg min
Vesel 80 g/kg maks
Kalsium 60 g/kg maks
Fosfor 30 g/kg min
Kalium 6 mg/kg min
Magnesium 3 mg/kg min
Natrium 2 mg/kg min

SEMI VOLLEDIGE WILDSVOER

Tipe dier
Semi Volledige aanvulling vir wild

 

Vorm & Verpakking:
Losvoer in 40 kg sakke

Doel

‘n Semi volledige aanvulling vir wild gedurende ruvoer-skaarste.

Voordele van die produk
  • Proteïen kwaliteit is hoog om aan spesifieke behoefte te voldoen.
  • Die vesellengte van die ruvoerkomponent in die voer is lank om gesonde grootpens funksie te verseker.
  • Die produk is baie smaaklik en word gemaak met hoë kwaliteit grondstowwe om inname en prestasie te bevorder.
  • Bevat hoë kwaliteit minerale en vitamiene waarvan groot gedeelte in organiese vorm is.
  • Die produk is geformuleer om groei, reproduksie en horinggroei te bevorder asook om ‘n gesonde haarkleed te verseker.
Voer Instruksie

Voer teen maksimum 2% van die dier se liggaamsmassa. Verseker dat daar voldoende vreetspasie is vir elke dier. Dit is ‘n aanvullende voer (supplement) wat altyd saam met voldoende weiding of goeie kwaliteit ruvoer gevoer moet word. Voer streng volgens aanbeveling. Raadpleeg ‘n Wildswinkel Voere voedingskundige indien meer inligting verlang word.

Waarskuwing

Geen

Registrasienommer: KLIëNTE MENGSEL (CUSTOM MIX)  |   Wet 36/1947

VOEDINGSTOF SPESIFIKASIE KONSENTRASIE MIN/MAKS
Proteïen 140 g/kg min
Proteïen vanaf NPN 0 % maks
Ureum 0 g/kg maks
Energie (Beraam) 8.9 MJ/kg min
Vog 120 g/kg maks
Vet 25 g/kg min
Vesel 150 g/kg maks
Kalsium 10 g/kg maks
Fosfor 3 g/kg min

VOLLEDIGE WILDSVOER

Tipe dier
Volledige aanvulling vir wild

 

Vorm & Verpakking:
Losvoer in 40 kg sakke

Doel

‘n Volledige aanvulling vir wild gedurende ruvoer-skaarste of indien diere in Bomas aangehou word.

Voordele van die produk
  • Proteïen kwaliteit is hoog om aan spesifieke behoefte te voldoen.
  • Die vesellengte van die ruvoerkomponent in die voer is lank om gesonde grootpens funksie te verseker.
  • Die produk is baie smaaklik en word gemaak met hoë kwaliteit grondstowwe om inname en prestasie te bevorder.
  • Bevat hoë kwaliteit minerale en vitamiene waarvan groot gedeelte in organiese vorm is.
  • Die produk is geformuleer om groei, reproduksie en horinggroei te bevorder asook om ‘n gesonde haarkleed te verseker.
Voer Instruksie

Voer ad lib. Diere sal ongeveer 2.8 tot 3.2% van hulle liggaamsmassa vreet. Verseker dat daar voldoende vreetspasie is vir elke dier. Gedurende die aanpassingsperiode moet die produk altyd saam met voldoende weiding of goeie kwaliteit ruvoer gevoer word. Voer streng volgens aanbeveling. Raadpleeg ‘n Wildswinkel Voere voedingskundige indien meer inligting verlang word.

Waarskuwing

Geen

Registrasienommer: KLIëNTE MENGSEL (CUSTOM MIX)  |   Wet 36/1947

VOEDINGSTOF SPESIFIKASIE KONSENTRASIE MIN/MAKS
Proteïen 120 g/kg min
Proteïen vanaf NPN 0 % maks
Energie (Beraam) 8.2 MJ/kg min
Vog 120 g/kg maks
Vet 25 g/kg min
Vesel 190 g/kg maks
Kalsium 7 g/kg maks
Fosfor 2 g/kg min
Kalium 1 g/kg min
Magnesium 1 g/kg min
Natrium 1 g/kg min